Die Woord vir Vandag
2019-09-24
Uitverkoop aan God
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Voor jy jou Godgegewe doel in die lewe ontdek, sal jy dikwels teenspoed ervaar wat veroorsaak dat jy dit wat tydelik is laat gaan en dit wat ewig is, vasgryp. Vir Paulus het dit die verlies van alle aardse besittings beteken. Vir ander kan dit die hitte van die stryd in die skeihof beteken. Wanneer die persoon wat jy gedink het 'alles' is, wegloop, word jy skielik van alles wat jy tevore gehad het, gestroop. Kyk na Job; sy huis was verwoes, sy huwelik het soos 'n grap gelyk en sy kinders was dood. Dis dan wat jy uitvind dat jy van die tydelike, maar nie die ewige nie, gestroop kan word; gestroop van jou rykdom, vriende en aansien, maar nie van jou karakter en jou geloof in God nie. Die Bybel sê: "...Daarna het hy op die grond voor God geval. Hy het gesê: '...Prys die Naam van die Here!'" (Job 1:20-21 NLV). Ware lofprysing vind plaas wanneer jy iets wat jy gedink het jy moet hê, op die altaar neerlê omdat jy besef dat dit al die tyd God s'n was. Kyk na Abraham se altaar. God wou nie Isak se liggaam gehad het nie, Hy wou net weet of daar enigiets was wat Abraham liewer as Hom gehad het. Jy moet by die punt kom waar jy kan bid: 'Here, hier is al my wrokke en onvergifnis, my behoefte om te beïndruk, my tyd, talente en skatte, enigiets waarby ek betrokke is wat my daarvan weerhou om geheel en al U s'n te wees. U sal nooit hierdie dinge van my moet wegneem nie, omdat ek dit met graagte alles vir U gee sodat ek kan wees wat U wil hê ek moet wees.' Kan jy hierdie gebed vandag bid? Dis nie maklik nie, maar dit sal jou lewe verander.
Sielskos: 1 Sam 16-17; Matt 27:32-44; Ps 68:1-18; Spr 22:1-5
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






