Die Woord vir Vandag
2022-09-03
Hanteer jou onopgeloste kwessies
Geskryf deur Bob and Debby Gass
As jy iemand met hulle onopgeloste kwessies wil help, moet jy eers jou eie hanteer. As die medisyne wat jy aanbied jou nie heel gemaak het nie, sal jy geen geloofwaardigheid hê wanneer jy dit op ander se lewens probeer toepas nie. Beteken dit dat as jy onopgeloste kwessies het, God jou nie sal gebruik nie? Nee, dis die gebrokenes wat meesters daarin word om ander te herstel. Jy moet egter eers die tyd neem om te genees.
Wanneer jy geestelik en emosioneel bloei, kan jy nie mense se probleme met dieselfde aggressiewe geloof wat jy sou gehad het as jy reeds deur die probleem gewerk het, takel nie. Is dit verkeerd om 'n gebroke hart te hê? Nee, want God '...genees die gebroke hart, en verbind die wonde' (Psalm 147:3 NLV). Laat God dus toe om jou te genees sodat Hy jou kan gebruik.
In die tyd van die Ou Testament, kon jy nie as priester dien as jy 'n oop wond gehad het nie, want: 1) Jy sou nie geestelik opgewasse wees nie. 2) Jy sou nie naby ander kon kom vir ingeval hulle teen jou sou stamp en die wond vererger nie. 3) Jy sou nie op jou beste kon wees nie, want die pyn sou jou kragte tap. 4) Jy sou bang wees om oor jou wond te praat, vir ingeval mense jou verwerp. Jy sou dus op twee vlakke lewe en onseker, skynheilig of 'n beheervraat word. 5) Die ergste van alles is dat jy so besig sou wees om vir God te werk en vir ander mense te sorg, dat jy nie tyd sou hê om te stop en vir jouself te sorg nie.
Die woord vir jou vandag is dus - hanteer jou onopgeloste kwessies.
Sielskos: Amos 5:18-9:15; Mark 10:1-12; Ps 103:13-22; Spr 19:17
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




