Die Woord vir Vandag
2022-10-04
Die voordele van meditasie op God se Woord
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wat beteken die woord mediteer? Dit beteken dat jy jou gedagtes fokus op iets en daaroor peins. Dawid het gesê: 'U dade bly in my gedagtes. Al u werke wil ek bepeins.' Vraag: Totdat jy oor God se Woord gemediteer het, wat kan jy sê wat enige daadwerklike verskil sal maak? Al wat jy sal doen is om jou opinie te deel, wat net een opinie van baie is. Jy sal nie in staat wees om oortuigend te praat of 'n ware verskil in die persoon met wie jy praat, se lewe te maak nie. Dis God se Woord wat mense se lewens verander, nie joune nie!
Hier is tien voordele daaraan verbonde om oor God se Woord te mediteer: 1) Dit kweek 'n liefde vir God en sy Woord binne-in jou.
2) Dit gee jou nuwe insigte en geestelike begrip.
3) Dis 'n bron van gerusstelling en krag.
4) Dit bemagtig jou om 'n opregte getuie vir Jesus Christus te wees.
5) Dit vernuwe jou gedagtes.
6) Dit beskerm jou teen sonde.
7) Dit herstel jou siel en jou emosies.
8) Dit stel jou in staat om die Here met jou hele hart te vertrou.
9) Dit laat jou gees lewendig word.
10) Dit help jou om God, ander mense en jouself, beter te verstaan.
Daar is groot krag in God se Woord en wanneer jy oor die Bybel mediteer, kry jy toegang tot daardie krag. 'Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur...' (2 Petrus 1:3-4 NLV).
Sielskos: 1 Sam 11-13; Joh 1:1-13; Ps 51; Spr 22:12-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




