Die Woord vir Vandag
2019-10-24
Verstaan ons Hemelse Vader (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Godsdienstige mense in Jesus se tyd het dit moeilik gevind om die konsep van God se vaderskap te verstaan. Here, koning en regter het hulle verstaan - maar nie Vader nie. Hulle Ou Testamentiese geskrifte het skaars 'n halfdosyn keer van God as Vader gepraat, terwyl die Nuwe Testament dit honderde kere noem. Jesus het self gesê: 'En niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die Vader wil bekendmaak' (Matteus 11:27 NLV). Die waarheid is dat God 'n raaisel vir hulle was, totdat Jesus die Vader aan hulle bekendgemaak het. Baie van ons verstaan nog steeds nie sy Vaderskap en die ryke seën wat ons in Hom het nie. Vader, God se allesomvattende naam, inkorporeer alles wat jy ooit sal nodig hê en openbaar presies hoe Hy oor jou voel. Hy verteenwoordig elke eienskap van die beste pa wat jy jou kan indink. Wat ookal 'n liefdevolle pa vir sy behoeftige kind sal doen, sal jou hemelse Vader vir jou doen - en nog soveel meer. Sodra ons God as ons Vader erken, verdwyn ons vrese soos ons begin besef dat Hy aan al ons behoeftes sal voldoen. Jesus het gesê: '...dit maak julle Vader baie gelukkig om die koninkryk aan julle te gee' (Lukas 12:32 NLV). Dit maak God gelukkig om jou die hulpbronne van sy koninkryk te gee. Hoekom? Omdat Hy jou net so liefhet soos wat Hy vir Jesus liefhet! In Johannes 17:23, bid Jesus met vertroue dat jou hemelse Vader jou liefhet, '...net soos U My liefhet' (NLV). Sien God dus as jou Vader, begin soos sy kind optree en geniet die voordele wat lidmaatskap aan sy familie meebring (sien Efesiërs 2:19).
Sielskos: Esra 6-8; Joh 6:52-71; Ps 114; Spr 24:23-25
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






