Die Woord vir Vandag

2023-11-04

God kan jou verlede uitvee (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Kolossense 2:14 NLV

Jesus '...het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.' Die woord 'uitvee' beteken om iets te verwyder, te neutraliseer of te verreken.

Het jy al ooit gevoel jy wil oor begin nadat jy al ver met 'n projek gevorder het? Veronderstel jy is amper klaar om die sitkamer te verf, maar toe jy terugstaan, lyk die kleur op die mure glad nie soos die kleur op die kleurkaart nie. Jy wens jy kan dit oor doen. Baie van ons voel so oor die lewe. Mislukkings, probleme, slegte besluite - ons almal het al daaronder gely.

Sommige mense kan egter nie die verlede laat gaan nie en gevolglik laat hulle toe dat hulle verlede hulle toekomstige geleenthede beperk. Hulle lewe in 'n konstante staat van spyt en treur aanhoudend: 'As ek dit net nie gedoen het nie,' of 'As ek maar net hierdie veranderinge gemaak het.' Hulle word deur pynlike herinneringe geteister. 'Ek het dit verspil en gaan die res van my lewe daarvoor betaal.'

Jy mag kies om skuldgevoelens saam te dra, maar jy hoef dit nie te doen nie! Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus plaas, vee Hy die klagstaat van jou verlede uit. Jy het inderwaarheid nie meer 'n verlede nie, jy het slegs 'n toekoms! Jy kan vir eens en vir altyd jou swaar las van skuldgevoelens, seerkry en herinneringe aan foute neerlê. Jesus het '...dit van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker.' God het belowe om jou sondes uit te wis en nie weer daaraan te dink nie (sien Jesaja 43:25). Jy moet ook nie!

Sielskos: Esra 3-5; Joh 7:25-32; Ps 96; Spr 25:1-7

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background