Die Woord vir Vandag

2019-11-13

Laat God vir jou sê wie jy is!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Kronieke 4:9 NLV

Die naam Jabes beteken pyn en moeilikheid. Kan jy jou indink jy stap in 'n vertrek in en iemand sê: 'Hier kom moeilikheid,' of iemand beskryf jou as "'n pyn"? Jabes se ma het hom so genoem omdat '...sy geboorte so pynlik was.' Jabes het egter geweier om hierdie etiket te dra en dat hierdie naam hom definieer. In plaas daarvan om op sy verlede terug te kyk en na sy kritici te luister, het hy na God toe gedraai en gebid: '...'Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!' En God het sy versoek gehoor en dit gedoen' (vers 10 NLV). Die etiket op die buitekant van 'n bottel sê vir jou wat aan die binnekant is. Wanneer jy toelaat dat ander mense jou etiketteer, maak hulle altyd jou wêreld te klein. Sodra jy die etiket wat hulle op jou geplaas het aanvaar, begin jy glo dat dit is wie jy is en dat jy nooit meer as dit sal wees nie. Nee, net God kan vir jou sê wie jy is! Doen dus wat Jabes gedoen het - gaan direk na die bron toe: God. Hy het jou geskep. Hy het jou verlos. Hy het jou geroep. Hy rus jou toe. Hy bemagtig jou. Hy beloon jou. Wanneer mense jou dus probeer beperk deur etikette op jou te plaas, tree God in en sê: '...Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy is Myne' (Jesaja 43:1 NLV). Die waarheid is dat God jou liefhet en jou aanvaar; en sy goedkeuring troef almal anders se afkeuring!

Sielskos: 2 Kro 5-7; Joh 11:1-16; Ps 83:9-18; Spr 26:17-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background