Die Woord vir Vandag

2019-12-16

Hoe om jou doelwitte te stel (5)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 38:12 NLV

Tref onderskeid tussen diegene wat in jou lewe hoort en diegene wat dit nie doen nie. Een van die moeilikste omstandighede om jou doel te bereik, is dat sommige van die mense wat die naaste aan jou is, dit nie sal ondersteun of nie deel daarvan sal wil wees nie. Paulus skryf: 'Soos jy weet, het al die Christene wat uit die provinsie Asië hier aangekom het, my in die steek gelaat...' (2 Timoteus 1:15 NLV). 'Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe...' (2 Timoteus 4:10 NLV). Kan jy die hartseer en teleurstelling in sy woorde hoor? Wanneer God jou 'n wonderlike doelwit gee, mag jy dalk dieselfde ding ervaar. Iemand het gesê: 'In voorspoed ken ons vriende ons; in teëspoed ken ons ons vriende.' Hoe waar is dit nie! Toe rampspoed onverwags vir Job getref het, het hy gesê: 'My naaste vriende het 'n afsku van my. Dié wat ek liefhet, het teen my gedraai' (Job 19:19 NLV). Dawid se ervaring het hom genoop om te sê: 'My familie en vriende bly weg...' Salomo het in al sy wysheid dit as volg opgesom: "'n Gebreekte tand, 'n voet wat swik, so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens" (Spreuke 25:19 NLV). Die waarheid is dat mense wat nie jou doelwit respekteer nie, afbreuk daaraan sal doen. Jy kan vir hulle preek en hulle met woorde wat versterk en seën probeer aanmoedig, maar as jy daarop aandring om aan hulle vas te klou, sal hulle jou op die ou einde seermaak. Jesus het vir sy dissipels gesê: 'As hulle julle nie wil ontvang of wil luister na wat julle sê nie, gaan uit daardie huis of dorp en skud die stof van julle voete af' (Matteus 10:14 NLV). Jy moet dit soms doen om jou God-gegewe doelwit te kan bereik.

Sielskos: Sag 1-4; Joh 20:10-18; Ps 57; Spr 30:24-28

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background