Die Woord vir Vandag
2019-12-17
Hoe om jou doelwitte te stel (6)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Skryf jou doelwitte neer. God het vir die profeet Habakuk gesê: '...Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verby hardloop dit kan lees... Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word... Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie' (verse 2-3 NLV). 'Stadig maar seker' is nie 'n begrip wat ons noodwendig van hou nie. God kan oornag vir jou 'n visioen gee, maar dit sal normaalweg nie oornag vervul word nie. Jy sal teleurstellings, ontmoedigings en vertragings in die gesig staar. Omdat jou visioen altyd meer kos as wat jy geskat het en langer neem as wat jy beplan het, kan dit deur jou omstandighede en emosies 'verdof' word. Dis hoekom dit so belangrik is om dit neer te skryf en dit voor jou te hou! Hoekom het God vir Abraham gesê dat sy nageslag so baie soos die sterre aan die hemel sou wees? Omdat sterre iets is wat jy fisies na kan kyk en kan tel. 'Wanneer 'n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, word hulle koersloos...' (Spreuke 29:18 NLV). Jy sal ook koersloos word as jy nie jou God-gegewe visioen voor jou hou nie. As jy daarvan droom om gewig te verloor, plak 'n prentjie wat jou inspireer op die yskas vas. As jy daarvan droom om eendag jou eie huis te besit, steek 'n prentjie daarvan op jou aansteekbord vas. As jou doelwit is om 'n sekere hoeveelheid geld vir God se werk te gee, skryf 'n tjek vir daardie hoeveelheid uit en plaas dit op 'n plek waar jy dit elke dag kan sien. Met 'n duidelike geskrewe doelwit, sal jy altyd weet waar jy is en onthou wat God jou geroep het om te doen.
Sielskos: Sag 5-8; Joh 20:19-31; Ps 67; Spr 30:29-33
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







