Die Woord vir Vandag

2026-01-09

Eendag sal jy ten volle verstaan

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 13:12 NLV

Luister na dagstukkie

Corrie ten Boom het die wêreld deurreis en haar ervarings gedeel. Wanneer sy met 'n gehoor gepraat het, het sy dikwels afgekyk terwyl sy haar praatjie gelewer het. Dit het gelyk of sy haar notas raadpleeg, maar sy was eintlik besig om 'n ontwerp te borduur. Wanneer sy haar verhaal oor die gruweldade wat sy onder die Nazi's gely het, klaar vertel het, het sy die borduurwerk onthul waaraan sy gewerk het terwyl sy gepraat het.

Sy het eers die agterkant gewys, wat net 'n warboel van gekleurde drade sonder 'n duidelike patroon was. Dan het sy gesê: 'Dis hoe ons ons lewens sien. Soms maak dit geen sin nie.' Dan het sy die borduurwerk omgedraai om die voltooide kant te onthul en gesê: 'Dis hoe God jou lewe sien, en eendag sal ons die voorreg hê om dit vanuit sy oogpunt te sien.'

Sy het haar praatjie dan afgesluit met hierdie gedig wat deur Grant Colfax Tullar, 'n predikant, geskryf is: 'My life is but a weaving between my Lord and me; I cannot choose the colours, He worketh steadily. Oft times He weaveth sorrow and I, in foolish pride, forget He sees the upper, and I the underside. Not till the loom is silent and the shuttles cease to fly, will God unroll the canvas and explain the reason why. The dark threads are as needful in the Weaver's skillful hand, as the threads of gold and silver in the pattern He has planned.'

Paulus skryf: 'Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in 'n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder duidelik wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.'

Sielskos: Lev 15-17; Luk 2:1-7; Ps 46; Spr 1:32-33

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background