Die Woord vir Vandag

2019-07-04

Lewe vir ander mense

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 12:10 NLV

Soos jy ouer word, besef jy dat dit nie net dit wat jy doen is wat saakmaak nie, maar wat jy vir ander mense doen. Die ongelukkigste mense op aarde is diegene wat ander mense haat, pla en seermaak, terwyl die gelukkigste mense diegene is wat hulle lewens spandeer om ander mense te help. Die graad van jou hulp is die graad van jou geluk - dis so eenvoudig. Die digter John Albert Holmes het gesê: 'Dis goed om te onthou dat die hele bevolking van die heelal, met een onbenullige uitsondering, uit ander mense bestaan.' Wat doen jy vir ander mense? Hoe goed is jy daarmee om iemand anders die krediet te laat neem vir dit wat bereik word? Paulus skryf: '...julle [moet]... voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.' Die volgende keer wat iemand hulle prestasies met jou deel, let op jou behoefte om in te spring en hulle iets goeds of beters van jouself te vertel. Wanneer jy dit doen, steel jy hulle vreugde, skep jy afstand tussen julle en almal verloor. Byt eerder op jou tong en sê: 'Dis wonderlike nuus; vertel my meer.' Bedoel dit! Wanneer jy mense op hierdie manier hanteer, gebeur daar twee dinge: 1) Die ander persoon geniet jou geselskap omdat hulle aanvoel dat jy regtig 'daar' is vir hulle, eerder as om op die punt van jou stoel te sit en jou beurt om te praat af te wag. 2) Hulle voel dat jy oor hulle sukses omgee, eerder as dat jy met hulle kompeteer. Gevolglik word jou verhoudings sterker, omdat jy nie langer die behoefte het om al die aandag en glorie vir jouself te steel nie. Dis hoe jy vir ander mense lewe.

Sielskos: Jer 49-50; Matt 6:19-34; Ps 122; Spr 15:10-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background