Die Woord vir Vandag

2019-09-03

Tree reg op teenoor jou kinders

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 22:6 NLV

'n Ma wat rook dra die nikotien deur haar borsmelk aan haar baba oor. Sy besoedel onbewustelik haar kind met haar eie slegte gewoontes. Dis dieselfde wanneer ons dinge soos bitterheid, skuld en onsekerheid aan ons kinders oordra. Dis hoekom ons God se hulp nodig het; net Hy kan die wortel van die probleem genees en die siklus verbreek. Niemand anders kan soos jy jou kinders van geloof leer nie. Die fondasie moet deur jou gelê word en deur hulle opgebou word. Moet hulle ook nie net die doktrine leer nie, stel hulle aan jou geloof bloot. Vertel hulle Wie jou deur moeilike tye gedra het. Wanneer hulle dan self moeilike tye beleef, sal hulle met meer as 'n stel godsdienstelike reëls bewapen wees, hulle sal dan self vertroue in God hê. Hou ook op om jouself oor foute in die verlede te stenig; ons almal het dinge wat ons wens ons anders gedoen het. Die waarheid is dat God die gevolge van jou verlede kan verander en tragedies in jou toekoms kan voorkom. Hy is die God van herstel, wat '...alle dinge nuut [maak]...' (Openbaring 21:5 NLV). Hy kan reg uit die verkeerde en goed uit die slegte meebring; en jou in staat stel om sy wysheid en liefde oor jou kinders uit te giet. Dit is 'n kans in 'n leeftyd - gryp dit aan! Laat gister gaan en gryp môre vas. Jou kinders is jou toekoms; hulle word deur jou gevorm. Gee hulle 'n smakie van die dinge van God wanneer hulle klein is en wanneer hulle groot word, sal die wêreld hulle nooit bevredig nie.

Sielskos: Eseg 27:25-30:26; Matt 23:1-12; Ps 112; Spr 20:1-4

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background