Die Woord vir Vandag

2019-09-04

Ontvang sy liefde

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Johannes 4:19 NLV

Ons weet hoe frustrerend dit is wanneer jy vir iemand 'n geskenk probeer gee en hulle hou aan om dit te weier. Onsekerheid en gevoelens van onwaardigheid weerhou baie van ons daarvan om goeie 'ontvangers' te wees. Ons dink dat ons alles moet verdien. Ons gaan selfs so ver as om nie die gewer te vertrou nie en te dink: 'Hoekom wil jy dit vir my doen? Wat is jou regte rede?' As ons so voel, dink net hoe God voel wanneer Hy sy liefde na ons toe uitreik en ons dit weier omdat ons voel dat ons dit nie verdien nie. Of erger, wanneer ons sy beweegredes betwyfel. Die waarheid is dat niemand van ons God se liefde verdien nie. Wanneer Hy egter in liefde na jou toe uitreik, probeer Hy 'n siklus wat jou sowel as ander sal seën, vestig. Sy plan is eenvoudig. Hy wil hê dat jy: 1) Sy liefde moet ontvang. 2) Moet leer om jouself op 'n gebalanseerde en gesonde manier lief te hê. 3) Hom terug moet liefhê. 4) Sy liefde na die mense wat Hy in jou lewe stuur moet uitstrek. Dit vat tyd om te leer om hierdie dinge te doen - gewoonlik baie tyd! Verandering gebeur geleidelik soos jy aanhou om te bid, sy Woord te lees en daarvolgens op te tree (sien 2 Korintiërs 3:18). Hy is '...die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun...' (Hebreërs 12:2 NLV). Die Bybel sê dat God sy 'goeie werk' in jou lewe begin het en dat Hy dit sal voltooi (sien Filippense 1:6). Vra dus vandag vir Hom om jou te help om dit te ontvang en gryp sy onvoorwaardelike liefde vir jou met ope arms aan.

Sielskos: Eseg 31-33; Matt 23:13-22; Ps 27; Spr 20:5-6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background