Die Woord vir Vandag
2019-09-05
Ken jou lewensdoel
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Toe Jesus voor Pilates gestaan het, het Hy gesê: '...Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom, met die doel om vir die waarheid getuienis af te lê...' Jesus het geweet waarvoor Hy gebore is en wat Hy geroep is om te doen en Hy het soos 'n laser daarop gefokus. Jy is geroep om in sy voetspore te volg (sien 1 Petrus 2:21). Daar is drie tipes mense: 1) Diegene met geen lewensdoel nie. Die swerwers, wat doelloos deur die lewe gaan. Hulle gaan skool toe, kry 'n werk, kry 'n ander werk, vind 'n eggenoot, kry 'n nuwe eggenoot, trek van huis tot huis en plek tot plek, tree af en sterf uiteindelik. Hulle lewe nie regtig nie; hulle bestaan net. 2) Diegene wat die verkeerde lewensdoel het. Hulle mag dalk oorpresteerders wees, mense wat die lere van finansiële, politieke en sosiale sukses uitgeklim het, net om uit te vind dat hulle leer teen die verkeerde muur gestaan het. Hulle het dit of te laat agtergekom, of hulle het nooit besef dat hulle 'n lewe wat ander mense positief kon beïnvloed het, misgeloop het nie. 3) Diegene wat die regte lewensdoel het. Hulle weet hoekom hulle geskep is. Hulle weet hoekom God hulle hier op aarde geplaas het en hulle lewe draai daarom om hierdie doel te vervul. Dit is die lewe wat 'n glimlag op God se gesig plaas. Dit is sukses wat volhoubaar is. Dit het niks met populariteit, mag of besittings te doen nie. Dit het alles met jou lewensdoel te make, omdat dit die enigste ding is wat 'n Godgegewe versekering van sukses meebring. Weet jy wat jou lewensdoel is? Indien nie, vra God en Hy sal dit aan jou openbaar.
Sielskos: Eseg 34-36; Matt 23:23-39; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







