Die Woord vir Vandag
2019-09-06
Jy word dopgehou
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hy het begin deur hard as vakman by die spoorwegmaatskappy te werk. Toe hy die geleentheid gegee word om vir 'n paar dae in die maatskappy se kantoor te werk, het hy dit met altwee hande aangegryp. Gedurende daardie tyd het sy bestuurder hom vir 'n paar noodsaaklike feite en syfers gevra. 'Kry dit gereed op my lessenaar wanneer ek oor drie dae terugkom,' het hy gesê. Die jong man het niks van boekhouding geweet nie, maar hy het vir drie dae en nagte sonder enige slaap daaraan gewerk, en toe die bestuurder terugkeer, het hy die feite en syfers vir hom gereed gehad. Dit het hom die respek en bewondering van sy bestuurder verdien en toe 'n permanente pos beskikbaar word, het sy bestuurder die jong man vir die pos aanbeveel. Oor die jare is die jong man verskeie kere bevorder en elke keer is hy vir sy deeglikheid en betroubaarheid geprys. Uiteindelik het hy as die vise-president van die Ralston Purina maatskappy in St. Louis, Missouri, een van die wêreld se grootste vervaardigers van troeteldierkos, opgeëindig. Die Bybel sê: 'Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie' (Spreuke 22:29 NLV). Die Boodskap stel dit as volg: 'Ken jy 'n goeie vakman wat hard en getrou werk? Hy is by almal in aanvraag. Belangrike mense soek sy dienste. Hy sal dit nog ver bring in die lewe.' Of jy dit nou besef of nie, jy word in jou werk dopgehou. Jou karakter, werksetiek en jou houding word geobserveer. Jy sal nie nie net as gevolg van die take wat jy voltooi beloon word nie, maar ook as gevolg van jou houding en die manier hoe jy hulle voltooi!
Sielskos: Eseg 37:1-40:9; Matt 24:1-14; Ps 78:9-16; Spr 20:11-14
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







