Die Woord vir Vandag

2019-09-07

'n Beweegbare altaar

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Eksodus 27:8 DB

Die altaar in die tabernakel was 'n plek waar offers gebring kon word om God te eer. Hy het presiese idees gehad oor hoe dit gebou moes word: 'Soos Ek vir jou op die berg gewys het, is die altaar 'n houtkis wat binne hol is.' 'n Struktuur van klip of metaal sou te swaar gewees het om te vervoer, maar 'n hol hout altaar kon saam met die Israeliete gereis het. Die beeld van 'n beweegbare altaar is 'n herinnering daaraan dat terwyl jy dalk deel van 'n plaaslike kerk kan wees, jy nie daartoe beperk word om God op 'n spesifieke plek te eer en prys nie. Jy kan dit enige plek doen deur '...'n voortdurende lofoffer aan God - 'n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely' (Hebreërs 13:15 NLV), te bring. By die huis, by die werk, in die kruidenierswinkel, by die gym, in die klaskamer, kan jou alledaagse aktiwiteite 'n geestelike offer aan God wees (sien 1 Petrus 2:5). Jy eer God deur 'n woord van bemoediging te deel, jou hulpbronne te gebruik om iemand in nood te help, of om 'n professionele besluit wat gebaseer is op integriteit, te maak. Jesus het gesê: 'Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!' (Matteus 5:16 NLV). 'n Skrywer sê: 'Die Here is my baas. Hy gee my terugvoer, kritiek, en bevorderings. Hy voorsien my pensioengeld en my mediese fonds. Hy kan my verplaas, my verantwoordelikhede verander en al my doelwitte ontwikkel. Ek rapporteer aan Hom alleenlik. Terwyl my opdragte verander, verander die kern van my werk nie. Ek is opdrag gegee om sy werk te doen en om sy hande en voete te wees in watter posisie Hy ook al aan my toewys.'

Sielskos: Eseg 40:10-42:20; Matt 24:15-25; Ps 78:17-31; Spr 20:15-19

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background