Die Woord vir Vandag
2022-04-25
Bekwaamheid vergoed nie vir onsekerheid nie
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Een van die ware toetse van leierskap is hoe jy op iemand anders se sukses reageer. Is jy bly, of voel jy in die geheim wrokkig daaroor? Voel jy of hulle op 'n manier ten koste van jou geseën is? Koning Saul het vir Dawid gestuur om teen Goliat te gaan veg. Toe Dawid hom verslaan het en die Israeliete lofliedere oor Dawid begin sing het, kon Saul dit nie hanteer nie. 'Van daardie dag af het Saul vir Dawid wantrou.'
Leiers wat selfvertroue kortkom is 'n gevaar vir hulself, hulle volgelinge en die groepe wie hulle lei, omdat leierskap nie jou foute kamoefleer nie, maar uitstal. Onsekere leiers het oor die algemeen vier gemeenskaplike eienskappe:
1) Hulle voorsien nie ander mense van sekuriteit nie. Om 'n goeie leier te wees, moet jy jou volgelinge goed oor hulself laat voel. Eer hulle. Beloon hulle. Bevorder hulle.
2) Hulle neem meer as wat hulle gee. Onsekere leiers soek aanhoudend na bekragtiging, erkenning en liefde. Dus fokus hulle om persoonlike sekuriteit te kry, eerder as om dit by ander in te boesem.
3) Hulle beperk aanhoudend hulle beste mense. Onsekere leiers sien nie hulle beste mense as kollegas nie, hulle sien hulle as potensiële kompetisie wat hulself dalk deur die range sal opwerk en hulle posisie sal bedreig. Sulke leiers vind oor die algemeen maniere om krediet vir werk wat deur ander mense gedoen is, te neem.
4) Hulle beperk aanhoudend hulle maatskappye. Wanneer volgelinge ondermyn word en nie erkenning ontvang nie, word hulle moedeloos en werk uiteindelik nie tot hulle volle potensiaal nie. Wanneer dit gebeur, ly die hele maatskappy daaronder.
Ondersoek vandag jou leierskapstyl en kyk of enige van hierdie skoene jou pas.
Sielskos: Dan 1-2; Matt 1:18-25; Ps 127; Spr 10:15
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






