Die Woord vir Vandag
2020-07-24
Wanneer jy by breekpunt is - draai na God toe
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Dawid het sy breekpunt bereik: 'Dis net my geloof in die Here wat my staande hou. Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie...' (Psalm 27:13 DB). Kan jy daarmee identifiseer? Het jy jou breekpunt bereik? Indien dit die geval is, het jy twee opsies: stort ineen of breek deur. Dit hang alles af van wat jy doen. Daar is 'n ou gesegde: 'Dieselfde sonskyn wat die botter smelt, verhard die klei.' Wanneer moeilikheid kom, kan jy óf teen God draai omdat jy Hom gedien het en nie verstaan waarom Hy dit toelaat nie, óf jy kan na Hom toe draai vir krag en begrip. Soms verander God jou omstandighede; ander kere gebruik Hy dit om jou te versterk. Dit gaan nie oor jou nie, maar oor diegene wat God deur jou wil bereik. 'In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan...' (2 Korintiërs 1:4 NLV). Niks betrap God onkant nie en niks is te moeilik vir Hom om te hanteer nie. Die situasie waarin jy jou tans bevind, kan 'n platform word vir Hom om sy liefde en sorg aan jou te demonstreer. 'die Here hou nooit op om vir ons om te gee nie. Hy bly getrou. Sy liefde het ons gespaar... 'n Mens kan altyd op U vertrou. Elke oggend is U maar weer daar. Ek sê vir myself: 'Ek vertrou die Here, want Hy gee vir my lewe.' Die Here is baie goed vir elkeen wat wil doen wat Hy vra en elkeen wat op Hom hoop' (Klaagliedere 3:22-25 DB).
Sielskos: Hand 16-17; Luk 9:28-36; Ps 42:1-5; Spr 16:16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za