Die Woord vir Vandag

2019-09-20

Bepaal jou kernoortuigings

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Daniël 1:8 NLV

Wat was Daniël se probleem? Wat was fout daarmee om die beste kos in die land te eet? Die meeste mense het van 'n karige dieet gelewe. Daniël het die geleentheid gehad om letterlik soos 'n koning te kon eet. Hoekom het hy so 'n vasberade houding daarteen ingeneem? Wanneer jy dieper in die kulturele realiteite van die situasie delf, kom jy agter dat daar meer op die spel was. 'n Babeloniese fees is altyd ter ere van die gode gevier. Wanneer jy dus vir die maaltyd aangesit het, het jy nie net saamgeëet nie, jy was ook deel van 'n daad van lofprysing. Hierdie kos is eers vir 'n heidense god geoffer. Vir 'n Joodse tiener wat sy geloof in God ernstig opgeneem het, sou deelname aan die ete beteken het dat hy dit waarvoor hy geroep was, in gevaar sou stel. Deur hulle kos te eet, sou hy hulle god prys. Dit was 'n stappie te ver vir Daniël. Hy sou nie sy karakter so onder verdenking plaas nie. Jy ontdek nie wat jou oortuigings is wanneer jy onder druk verkeer nie, jy besluit vooraf wat jou oortuigings is. Dis gedurende die goeie tye wat jy bepaal wat jy sal of nie sal doen wanneer die moeilike tye aanbreek nie. Die Psalmdigter het gesê: 'Hoe kan 'n jongmens 'n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord. Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie' (Psalm 119:9-11 NLV). 'n Oorwinnende Christelike lewe word met hierdie drie stellings opgesom: 1) 'Deur gehoorsaam te wees aan u woord.' 2) 'Met my hele hart soek ek U.' 3) Ek het u woord in my hart gebêre.'

Sielskos: 1 Sam 8-10; Matt 26:47-68; Ps 54; Spr 21:18-21

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background