Die Woord vir Vandag

2019-09-22

Wees een van die 10 persent

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Lukas 17:17 NLV

Een dag het Jesus tien mans van melaatsheid, wat in daardie tyd 'n doodsvonnis met geen kuur was nie, genees. Net een van hulle het egter onthou om terug te kom en Hom te bedank. Wat is die ander nege se storie? Was hulle te besig om dankbaar te wees? Hulle het sekerlik dankbaar gevoel, maar het tog nie die tyd geneem om dit uit te druk nie. Het hulle met ander dinge besig geraak en vergeet? Was hulle te versigtig om dankbaar te wees? Miskien het hulle gedink dat hulle gesondheid nie gaan hou nie, dus wou hulle seker maak voor hulle dit bekend maak. Of miskien was hulle bang dat Jesus iets van hulle sou wou hê wat hulle onwillig of nie in staat was om te gee nie. Was hulle te self-gesentreerd om dankbaar te wees? Op 'n manier was die lewe van siekte 'n eenvoudiger lewe. Nou moes hulle 'n werk kry, verantwoordelikheid neem en 'n rol in die samelewing speel. Was hulle te arrogant om dankbaar te wees? Miskien het hulle gedink dat hulle met tyd self gesond sou word. Plus, wanneer jy dankbaar is, erken jy dat jy behoeftig is. Wie wil swakheid ten toon stel wanneer jy 'n openbare beeld het om te beskerm? As hierdie verhaal enige aanduiding is, het nege uit die tien van ons 'n probleem met dankbaarheid - ten minste wanneer dit daarby kom om dit uit te druk. Moenie so wees nie. Wees een van die 10 persent! In drie opeenvolgende Psalms - 105, 106 en 107 - herhaal Dawid hierdie soortgelyke woorde: 'Prys die Here! Dank die Here, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie.' Moenie dat 'n dag verbygaan sonder om God se goedheid aan jou te onthou en Hom daarvoor te dank nie.

Sielskos: Gen 1:1-2:3; Joh 1:1-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background