Die Woord vir Vandag

2022-09-15

Hoe om gelukkig te wees

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 13:17 NLV

Jesus het sy lering oor geluk as volg opgesom: 'As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle gelukkig wees as julle dit ook doen.' Die Bybel gee vir ons drie sleutels wat noodsaaklik tot geluk is: 1) Wees tevrede (sien 1 Timoteus 6:8). 'n Man wat alles probeer het om van paardebloem ontslae te raak, het 'n kwekery gebel en gevra: 'Wat kan ek volgende probeer?' Die winkeleienaar het gesê: 'Probeer daaraan gewoond raak!' Dit waarop jy in die lewe fokus, kry jy. Paulus skryf: '...beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is' (Filippense 4:8 NLV).

2) Wees dankbaar (sien 1 Tessalonisense 5:18). Kyk rondom jou en wees dankbaar vir dit wat God vir jou gegee het. As jy dit nie kan doen nie, dank Hom vir dit waarteen Hy jou beskerm het. Die duiwel hoef nie enigiets by jou te steel nie, hy moet jou dit net as vanselfsprekend laat aanvaar. 'Uit sy volheid het ons almal 'n oorvloed onverdiende goedheid ontvang' (Johannes 1:16 NLV).

3) Leer om jou geliefdes te waardeer. 'Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is' (1 Korintiërs 10:24 NLV). George Eliot het geskryf: 'O, die onuitspreeklike gemak om veilig by 'n persoon te voel; om nie gedagtes hoef te weeg of woorde te moet meet nie, maar om alles uit te gooi, net soos hulle is, kaf en graan saam, wetend dat 'n getroue hand dit sal neem en sif, dit wat die moeite werd is om te bewaar, sal bewaar, en dan, met 'n asem van vriendelikheid, die res weg sal blaas.'

Onthou, geluk is nie 'n reg nie; dit is 'n beloning vir wanneer jy elke dag die regte ding doen.

Sielskos: Eseg 31-33; Mark 13:1-11; Ps 78:40-55; Spr 20:22-24

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background