Die Woord vir Vandag

2022-09-16

Al die aanklagtes is uitgevee

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Kolossense 2:14 NLV

Wanneer iemand vir 'n misdaad gearresteer word en in die hof verskyn, sal die staatsaanklaer sê: 'Die aanklagtes teen jou is die volgende...' Op daardie punt hoop hulle dat hul prokureur die klagtes teen hulle teruggetrek kan kry. Wel, God het 'n dokument van elke sonde wat jy al ooit gepleeg het. Dit behels details van al die slegte keuses wat jy al ooit gemaak het, van al die haatlike dade, die onvergewensgesinde houdings, die vooroordeel, die hebsug, die wellus, die leuens; Hy het dit alles opgeteken.

Nie jy of enigiemand anders het al ooit hierdie dokument gesien nie, want, '...God het... al julle sondes vergewe... Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit van ons af weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker' (verse 13-14 NLV). Met die volle wete dat die prys vir ons sonde die dood was, het Christus '...vir eens en vir altyd vir ons sondes gesterf... Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom...' (1 Petrus 3:18 NLV).

Die kruis is soos 'n handelspos. Daar, op die punt van geloof, neem God al jou sondes en plaas dit op Christus se rekening, terwyl Hy terselfdertyd al Christus se geregtigheid neem en dit op jou rekening plaas. Is daar 'n beperking aan God se liefde? As daar is, het Dawid die egbreker dit nooit ontdek nie. Ook nie Paulus, die vervolger van Christene nie. Selfs nie eers Petrus, die leuenaar nie. Ook nie die dief aan die kruis nie. Jy sal dit ook nie vind nie. Toe Jesus aan die kruis: 'Dit is nou afgehandel' (sien Johannes 19:30), uitgeroep het, het God 'Ten volle vereffen' oor elke sonde wat jy ooit sou pleeg, geskryf. Hoe wonderlik is dit nie?

Sielskos: Eseg 34-36; Mark 13:12-23; Ps 78:56-64; Spr 20:25

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background