Die Woord vir Vandag

2022-09-17

Om moedeloosheid te oorkom (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jeremia 32:17 NLV

As die kwessie waarmee jy stoei jou moedeloos maak, moet jy die volgende doen: Eerstens, kyk kortliks na die probleem. Baie mense wat terugslae beleef, vra hoekom. Hulle beweeg egter nooit verby die vraag na die antwoord toe nie. Jy kan nie jou probleme oplos deur hulle te ignoreer nie, maar jy kan hulle ook nie oplos deur daarop gefikseer te raak en daardeur geïmmobiliseer te word nie. Sodra jy die probleem herken en geanaliseer het, moet jy op die oplossing begin fokus.

Tweedens, kyk lank na die moontlikhede. Soms kan jou probleem jou help om moontlikhede te sien wat jy nie geweet het bestaan nie. Toe Louis Waterman 'n kontrak moes teken om 'n transaksie te beklink, wou die vulpen wat hy gebruik het nie skryf nie. Gevolglik het Waterman werk daarvan gemaak om die nou beroemde vulpen wat sy naam wêreldwyd dra, te ontwikkel. 'n Kultuur waaraan dr Alexander Fleming by die St Mary's Hospitaal in Londen gekweek het, het verander toe dit per ongeluk aan muf blootgestel is. Dit het egter geboorte aan die wondermiddel penisillien gegee, wat miljoene lewens gered het.

Dit is baie waarskynlik dat indien jy vandag iets negatiefs in die gesig staar, daar êrens, op een of ander manier, 'n geleentheid daarin vervat is. Dit mag dalk nie maklik wees om te vind nie en dit mag dalk nie tot 'n groot deurbraak soos vir Waterman en Fleming lei nie, maar dit mag dalk - veral as dit beteken dat jy na God vir antwoorde draai. In die woorde van Jeremia: 'Ag, Here, U het die hemel en die aarde deur u groot krag en mag gemaak. Niks is vir U te moeilik om te doen nie!'

Sielskos: Eseg 37:1-40:9; Mark 13:24-37; Ps 78:65-72; Spr 20:26-30

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background