Die Woord vir Vandag

2022-10-05

Die waarheid oor gee

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 9:10 NLV

Hier is wat die Bybel ons oor gee leer: 1) Jy kry altyd meer terug as wat jy gee. 'God wat saad voorsien aan die saaier en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.' Wanneer Paulus hier oor saad praat, verwys hy na geld. Sommige van die geld wat God vir jou gee moet jy gebruik om aan jou eie behoeftes te voldoen, maar sommige daarvan is om die 'vrugte van jou goedhartigheid,' te laat groei. Wat beteken dit?

Paulus verduidelik: '...Hy het uitgedeel en gegee aan die armes; sy goedhartigheid bly vir altyd staan' (vers 9 NLV). Met ander woorde, jy moet goedhartigheid teenoor diegene wat seer het bewys en vrygewig gee aan diegene wat nie in staat is om vir hulself te voorsien nie. Die Bybel sê waneer jy vir die armes gee, leen jy inderwaarheid aan die Here en Hy sal jou terugbetaal (sien Spreuke 19:17).

Kan jy jou indink die rente wat God betaal? Jesus het gesê: 'As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle toe terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet - klein of groot - dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang' (Lukas 6:38 NLV).

2) Jy moet gee, met die verwagting dat jy geseën sal word. Jy sê: 'As ek meer ontvang, sal ek meer gee.' Nee, jy span die wa voor die perd in. Dis hoeveel jy gee wat sal bepaal hoeveel jy ontvang. Breek dus deur jou hindernis van vrees en toets God. Hy sal jou nie teleurstel nie. Sodra jy sy seën ervaar het, sal jy op geen ander manier wil lewe nie.

Sielskos: Lev 16; Lev 23:26-32; Heb 9:1-14; Heb 13:11-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background