Die Woord vir Vandag

2019-11-23

Die Heilige Gees is jou 'helper'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 14:26 ABA

Jesus het gesê: '...Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het.' Die Heilige Gees het dus hierdie twee funksies: 1) Hy leer jou om saam met God te stap. 2) Hy herinner jou om dit elke dag te doen. As verloste kinders van God, moet ons konstant geleer word hoe om saam met Hom te stap en aan die seëning wat vir ons wag wanneer ons dit doen en die moeilikheid waarin ons ons bevind wanneer ons dit nie doen nie, herinner word. As jy kinders grootgemaak het, ken jy die roetine. Hulle moet hulle ABC leer sodat hulle kan lees en skryf; dan moet jy hulle aanhoudend daaraan herinner totdat hulle dit bemeester het. Hulle moet geleer word hoe om te loop en om honderde kere te val is deel van grootword. Die Bybel sê: 'Selfs al val 'n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan...' (Spreuke 24:16 NLV). Net soos jy nie vir jou kind sê: 'Vergeet dit, jy gaan nooit leer loop nie,' net so gee jou hemelse Vader nie op oor jou nie. Jou kind moes van higiëne en netheid geleer word. Net so, sal die Heilige Gees jou elke dag herinner hoe belangrik dit is om daagliks God se Woord te lees. Die Psalmdigter het geskryf: 'Hoe kan 'n jongmens [en 'n oumens ook] 'n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord' (Psalm 119:9 NLV). As jy wys is, sal jy elke dag begin deur te bid: 'Heilige Gees, leer my wat ek nodig het om te weet en herinner my gedurende hierdie dag daaraan.'

Sielskos: 2 Kro 35-36; Joh 13:18-30; Ps 114; Spr 27:20-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background