Die Woord vir Vandag

2026-08-04

Leer om deur God se Gees gelei te word

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 8:14 NLV

As jy 'n verloste kind van God is, woon die Heilige Gees in jou. Hy sal jou na God se seëninge vir jou eie lewe en na geleenthede om ander te seën, lei. In sommige gevalle kan jou vermoë en bereidwilligheid om die goed bedoelde raad van ander te ignoreer en deur God se Gees gelei te word, 'n wêreld se verskil vir iemand in nood maak.

Admiraal Sir Thomas Williams was in bevel van 'n skip wat gereeld die Atlantiese Oseaan oorgesteek het. Sy roete het hom in sig van Ascension-eiland, wat grootliks onbewoon was, gebring. Dit was op 'n keer skaars sigbaar op die horison toe sir Thomas 'n groot drang gevoel het om sy skip daarheen te stuur. Hoe nader hy aan die eiland gekom het, hoe groter het die dringendheid wat hy gevoel het, geword.

Toe hy die bevel gee om na die eiland te vaar, het sy luitenant-offisier hom respekvol daarop gewys dat so 'n verandering van koers hulle reis baie sou vertraag. Tog het die admiraal vasberade gebly. Die innerlike drang, wat hy as God se leiding herken het, was baie sterk. Toe die skip die eiland nader, het sy bemanning 'n wit vlag gewaar. 'Dit moet 'n teken wees!' het Williams afgelei.

Inderdaad, op die strand het hulle sestien mans, wat baie dae tevore skipbreuk gely het, gekry. Hulle was honger en het amper moed opgegee. Sestien lewens is daardie dag gered omdat 'n man na die stem van die Heilige Gees in hom geluister en dit gehoorsaam het. Jy kan dit ook doen. 'Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God - hulle is God se kinders.'

Sielskos: 1 Kro 12:23-15:29; Mark 3:1-19; Ps 78:65-72; Spr 20:11-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background