Die Woord vir Vandag

2026-01-04

Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Timoteus 3:16 NLV

Luister na dagstukkie

Miskien wonder jy of die Bybel werklik deur God geïnspireer is en of dit waar, betroubaar en onfeilbaar is. Die antwoord is ja, en hier is drie redes waarom dit so is:

1) Dit is merkwaardig saamgestel. Dit is oor sestien eeue deur veertig verskillende skrywers saamgestel, insluitend soldate, herders, boere en vissermanne. Dit is deur Moses in Arabië begin en deur Johannes op die eiland Patmos voltooi. Dit is deur konings in paleise, herders in tente en gevangenes in die tronk geskryf. Sou veertig skrywers, grotendeels onbekend aan mekaar, wat drie verskillende tale praat en in verskillende lande bly, wat deur ongeveer 1 600 jaar geskei word, 'n boek met een enkele tema kon produseer? Dit sou onmoontlik wees, tensy hulle deur een gedagte en een ontwerper geïnspireer is (sien 2 Petrus 1:21).

2) Dit is merkwaardig hoe bestendig dit is. Daar is in die geskiedenis meer eksemplare van die Bybel as enige ander boek gedruk. Bybels is deur regerings verbrand en deur howe verban, maar God se Woord bly voortbestaan. Die doodsklok is al honderd keer gelui, maar God se Woord duur voort (sien Jesaja 40:8).

3) Dit bevat merkwaardige profesieë. Die Bybel bevat meer as 300 vervulde profesieë oor Christus se lewe, wat almal ten minste 400 jaar voor sy geboorte geskryf is. Wat is die kans? Stel jou voor dat iets soortgelyks vandag gebeur. As ons 'n boek sou vind wat in die jaar 1900 geskryf is en wat twee wêreldoorloë, 'n finansiële depressie, 'n atoombom en die sluipmoorde op 'n president en 'n burgerregteleier voorspel het, sou ons dit nie vertrou nie? Ons sou. Jy kan dus hierdie woorde glo: 'Die hele Skrif is deur God geïnspireer.'

Sielskos: Gal 5:22-23; 1 Kor 13; Ef 3:14-21; Joh 15:9-17

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background