Die Woord vir Vandag
2019-09-02
Wanneer jy 'n visioen het
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer God jou 'n visioen vir jou lewe gee, moet jy weet hoe om: 1) Dit te behou. Jou visioen vind binne 'n sekere tydsraamwerk plaas: '...Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word...' (Habakuk 2:3 NLV). Sommige van ons kan 'n visioen kry, maar dit nie voltooi nie, omdat ons nie die ongemak en harde werk wat daarmee gepaard gaan, kan hanteer nie. Sommige van ons jaag voor God uit en ons visioen sterf 'n stille dood. Jesus het gesê: 'Wat uit 'n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees' (Johannes 3:6 NLV). Wanneer jou visioen uit die Gees gebore word, sal dit deur die Gees onderhou word. Wanneer dit egter uit die vlees gebore word, is jy op jou eie! 2) Dit weg te steek. Dis 'n fout om jou visioen met mense wat dit nie kan waardeer nie, te deel. Josef het dit gedoen en in 'n put beland. Nie almal sal jou sukses vier nie, veral nie as jou lig helderder as hulle s'n skyn nie. Vra dus vir God vir die vermoë om onderskeid te kan tref. 3) Dit water te gee. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes versigtig en biddend: '...Maar Dawid het by die Here sy God krag ontvang' (1 Samuel 30:6 NLV); '...julle... moet aanhou om julleself op te bou op die fondament van julle allerheiligste geloof...' (Judas 20). Jy moet weet hoe om jouself geestelik aan te moedig en op te bou en hoe om jou visioen water te gee. God het vir Habakuk gesê: '...Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters...' (Habakuk 2:2 NLV). Skryf jou visioen op 'n kaartjie en dra dit saam met jou. Begin optree soos die persoon wat jy verwag om te wees wanneer dit 'n realiteit word - en dit sal 'n realiteit word!
Sielskos: Eseg 24:1-27:24; Matt 22:34-46; Ps 20; Spr 19:24-29
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za







