Christine Ferreira


Christine Ferreira shows

Met Hart en Siel

Leef in hoop, omring deur genade, weggesteek in liefde.

Hart Siel Radiokansel 657AM

Christine Ferreira is ‘n skrywer, motiveringspreker en aanbieder op Radiokansel 657AM. Sy is ook redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf, (sedert 2005).

Christine en Johan, ‘n kliniese fisioloog in Johannesburg, het twee seuns, Christoff en Francois. Johan is ook ‘n skrywer in eie reg. Sy was ook vanaf 1996 tot 2005 die skoonheidsredakteur van ‘n gewilde Afrikaanse tydskrif. Christine verwerf in 1983 ‘n Baccalaureus Artium met honneurs in Kommunikasie op die gebied van joernalistiek aan die Noordwes Universiteit.

Christine Ferreira – Ondervinding

Christine is suksesvol aan die hoof van Lééf, ‘n tydskrif vir vroue van geloof, wat die mooi van die lewe geniet. Sy probeer in die tydskrif, en ook op haar radioprogram, Met Hart en Siel, lesers en luisteraars oor die belangrikheid van balans leer; om tyd te maak vir God, jouself en ander.

Hierdie motiverende spreker, skrywer en radio-omroeper laat wysheid, inspirasie en Bybelse waarheid uit haar pen en mond vloei. Christine het al vele boeke die lig laat sien, maar die boek, Na Aan My Hart, spesifiek, het sedert 2016 vele lewens aangeraak. Dit is ‘n versameling van 90 daaglikse toewydings, wat spruit uit die redaksionele briewe wat Christine oor die jare heen as redakteur van Lééf aan lesers geskryf het. Sy het ook ‘n bydrae gelewer tot boeke soos Duet wat sy saam met haar man, Johan, geskryf het, dit bied daaglikse toewyding aan vir paartjies. Christine is ook medeskrywer van My bruidsboek, ‘n Volledige trougids vir die gelowige bruid sowel as Die liefdesboek.

Christine is ‘n gewilde spreker by vroue-geleenthede. Sy help vroue om hul skoonheid van binne te ontdek, en gee ook raad oor skoonheid en voorkoms. Sy gaan saam met vroue “op reis” sodat hulle besef hoe God hulle sien en die skoonheid waarin hulle deur hul Hemelse Vader geskep is.

Luister na Christine Ferreira tydens Met Hart en Siel op Radiokansel 657AM waar sy jou nie net inspireer nie, maar ook toerus vir jou reis na heelheid, balans en skoonheid.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM