Mpho Putini


Mpho Putini shows

Mpho Putini geniet dit om tydens haar Radiokansel 657AM programme met luisteraars te gesels. Sy is passievol oor jongmense en kommunikeer graag op verskillende platforms.

Mpho Putini – Agtergrond

Sy is ‘n stemkunstenaar, seremoniemeester, motiveringspreker, aktrise, ‘n handelsnaam-ambassadeur asook ‘n televisie- en radiopersoonlikheid.

Mpho is gebore en getoë in Boksburg in die Oos-Rand. Sy wou altyd ‘n maatskaplike werker word, en somtyds ook ‘n radio-omroeper. Mpho het uiteindelik ‘n loopbaan in die mediabedryf gevolg en het ‘n mediakwalifikasie behaal nadat sy hoërskool voltooi het. Sy het haar vaardighede verder verskerp deur internskappe op verskillende terreine in die bedryf te voltooi. Hier het sy baie vaardighede aangeleer wat haar sou help om in haar loopbaan te presteer en aan die luisteraars programme van goeie gehalte te bring.

Haar oorlede ma is vir haar ‘n groot inspirasie, wie vir, en saam met, hulle gebid het. Sy sê haar ma het ‘n ongelooflike werk gedoen om haar, haar suster en twee broers groot te maak. Mpho is vandag ook ‘n ma, en te danke aan haar ma se voorbeeld, verstaan sy ook die belangrikheid daarvan om saam met, en vir, jou familie te bid.

Sy is nie net ‘n radio-aanbieder nie, maar het ook ‘n paar televisieprogramme vir ‘SABC Education’ aangebied. Sommige hiervan is ‘Media Career Guide’, ‘Box Office’, ‘Water Diary’ en ‘Clere woza24’. Sy was ook die aanbieder van ‘n gospelprogram, ‘Khonza’, op ‘Starset’.

Mpho Putini – Radiokansel

Voordat sy by Radiokansel aangesluit het, het Mpho ook by ‘n paar ander radiostasies gewerk. Sy het ondervinding in sportaanbieding en was ook ’n spitstyd-aanbieder op ‘n Johannesburgse radiostasie.

Haar verhouding met Jesus Christus is vir haar baie belangrik. Dit is wat dinge bymekaar gehou het tydens moeilike tye, en dit vorm vandag die hoeksteen van haar lewe. Luister na Mpho op Radiokansel 657AM tydens 25th Café Saterdae vanaf 19:00 tot 21:00 en Heart to Heart Donderdae en Vrydae tussen 12:00 en 15:00.



Current track

Title

Artist

Background