Dr Pieter Barnard


Dr Pieter Barnard shows

HospiVision

Jou reisgenoot ten midde van swaarkry

HospiVision Radiokansel 657AM

Dr. Pieter Barnard is passievol oor radio en hou daarvan om Jesus Christus met luisteraars op Radiokansel 657AM te deel. Hy is ‘n sendeling by Bridge Ministries wat gratis opleiding gee vir die wat siele vir Christus wil wen, in Suid-Afrika asook regoor die wêreld.

Hy het ‘n meestersgraad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit van die Vrystaat en ‘n D.Phil. van die Universiteit van Port Elizabeth waar hy in landelike gemeenskapsontwikkeling gespesialiseer het. Dr. Pieter was in die staatsdiens by Government Communications en later die Uitvoerende Direkteur van die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika. Hy en sy vrou, Heleen, is nou sendingpastore wat regoor die wêreld reis. Dit sluit in Indonesië, Maleisië, Singapoer, die VSA en Nigerië.

Hy is ook betrokke by hospitaalbediening met ‘n organisasie genaamd HospiVision. Dit bied geestelike, emosionele, sosiale en fisiese sorg aan pasiënte wat in die hospitaal is. HospiVision bemagtig ook mense deur vaardigheidsontwikkeling en ondersteun kinders wat deur Vigs besmet of geraak word. Dr. Pieter fasiliteer dienste in fabrieke of maatskappye asook huise vir persone met gestremdhede en het ‘n bediening onder skoolhoofde en kinders. Hy het by radio betrokke geraak toe HospiVision hom genooi het om in die jaar 2003 aan hulle radioprogram op Radiokansel deel te neem. Aanvanklik was dit slegs as mede-aanbieder, maar sedert 2004 is hy die ankeraanbieder.

Ek sien radio as ‘n kragtige manier om God se wonderlike liefde te deel.

Hy glo sy roeping is om ‘n brugbouer te wees tussen die mens en God. Sluit aan by Dr Pieter Barnard vir HospiVision op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel 729AM.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM