Sibongile Mofokeng


Sibongile Mofokeng shows

Heart to Heart

vermaaklik en insiggewend

heart to heart Radiokansel

Just for You

'n Tydskrifprogram vir almal

Just for You Radiokansel

Sibongile Mofokeng is ‘n gesoute aanbieder op Radiokansel 657AM. Sy is in die Elizabeth Ross-hospitaal in die sentrale oostelike deel van Suid-Afrika, in QwaQwa, gebore. Sibongile het in die Mabopane gemeenskap grootgeword, waar sy ook gematrikuleer het. Vandag is sy ‘n ervare radio-aanbieder, spreker en seremoniemeester.

Sibongile Mofokeng – Agtergrond

Toe sy jonger was, wou sy ‘n mediese dokter wees. Nadat sy haar matriek voltooi het, het sy ingeskryf om verpleegkunde te studeer. Omdat sy nie vir mediese studies gekwalifiseer het nie, sou sy verpleegkunde gebruik om uiteindelik haar mediese studies te voltooi. Sibongile het dit ‘n jaar en ‘n half lank studeer voordat sy haar liefde vir uitsaaiwese ontdek het. Sy was ‘n musiekorganiseerder by die Student Christian Movement op kampus en verantwoordelik vir musiek.  Sibongile was vir vier jaar lank verantwoordelik vir die SCM-koor en die SCM-aanbiddingspan. Sy het op ‘n stadium twee hoede gelyktydig gedra, die van musiekorganiseerder sowel as voorsitter van die Uitreike Komitee. Sibongile is altyd agter die kamera gesien waar sy spesiale SCM-dienste vasgevang het of betrokke was by die redigering daarvan.

Getuienis

In 2007 is haar seun, Prosper Bohlale Mofokeng, gebore. Sy noem hom haar klein koning. In 2011 is hy met Duchenne spierdistrofie en outisme, gediagnoseer. As deel van haar reis deel sy gereeld Prosper se verhaal en die wonder van haar seun. Sibongile en haar man het ‘n paar maande na sy geboorte geskei. Sy deel openlik haar getuienis wanneer sy by damesbyeenkomste, kerke en met getroude paartjies gesels. Sodoende ontmoedig sy egskeiding. Sy deel die lesse wat sy op haar reis leer, in die hoop om ander te help om in hul eie lewensreise te genees asook om die goedheid van die Here in elke uitdaging wat hulle teëkom te sien.

In 2003 gradueer sy aan die Noordwes-Universiteit in Mafikeng met ‘n Baccalaureus Artium in Kommunikasie met Media en Sielkunde as hoofvakke. Die reis na haar gradeplegtigheid was nie maklik nie en haar pa se afsterwe was ook ‘n baie groot uitdaging. “Jare later het ek eers besef watter groot invloed sy dood op my lewe gehad het. Aanvanklik moes ek sterk wees en net aanhou. Ek het later die genesing ontvang wat ek nodig gehad het nadat ek my pa verloor het,” verduidelik Sibongile.

Sibongile Mofokeng – Radiokansel

Sy het in 2003 as voltydse aanbieder by Radiokansel aangesluit nadat sy ook as produksie-assistent, en later vervaardiger van Gospel Gold was. Sy het ook as vloerbestuurder en junior redakteur van Heartbeat gewerk. Hierdie is televisieprogramme wat die Kansel Media Groep vir die nasionale uitsaaier, die SAUK, vervaardig het.

Sibongile is ‘n geliefde stem op Radiokansel. Sy hoop dat luisteraars God in haar sal hoor en sien. Daar is geen ander manier vir haar om hulle te beïnvloed nie, behalwe as God dit deur haar doen.

Ek is net ‘n stem en soms die gesig. Daar is niks wat ek kan doen as Hy dit nie doen nie.

Beleef God saam en deur Sibongile Mofokeng op Radiokansel 657AM tydens Just for You en Heart to Heart.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM