Laat jou testament gratis opstel tydens Nasionale Testamente Week

Written by on 15 Sep 2021

Radiokansel kan jou Testament gratis laat opstel tydens Nasionale Testamente Week van 13-17 September.

Die mense wat die waarde van ’n testament wat geldig en op datum is die beste verstaan, is die lede van ons regsgemeenskap. Veral omdat hulle gereeld die kwessies moet hanteer wat ontstaan omdat mense nie ’n testament het nie. Hulle is getuies van die bedroefde familie se probleme wat daardeur veroorsaak word.

Trek voordeel uit Nasionale Testamente-week van 13 tot 17 September 2021

Nasionale Testamente Week is ’n onderneming inisiatief van die Prokureursorde van Suid Afrika.  Suid-Afrikaanse Regsvereniging. Regoor die land sal prokureurs wat by die Regsvereniging geregistreer is, gedurende hierdie week gratis ’n testament opstel vir enige iemand wat dit nodig het.

By Radiokansel en Radio Kaapse Kansel kan ons ook ons luisteraars help om hulle testament op te stel, sonder enige koste daaraan verbonde. Ons kan boonop raad gee oor hoe om boedelbelasting te verminder deur ’n erflating aan een van jou liefdadigheidsorganisasies, soos Radiokansel of Radio Kaapse Kansel.

Met Nasionale Testamente-week wat op hande is, kan jy na ons onderhoude luister en op ons webtuiste en Facebook meer lees oor die belangrikheid van ’n testament.

Vir meer inligting, skakel asseblief Audrey Badenhorst by 012-334 1200 of stuur ’n e-pos na audrey@radiopulpit.co.za

Praat oor wat voorlê

Mense vermy dit gewoonlik om oor die dood te praat. Dit is ongemaklik en byna ’n verbode onderwerp. Maar in werklikheid is dit ’n goeie gesprek om met die mense naaste aan ons te hê.

’n Ouma, Karien*, vertel hoe sy hierdie struikelblok met haar familie oorkom het. 

Sy het begin met ’n lêer in haar gunsteling kleur (om maklik raak te sien) en dit duidelik gemerk, “As enigiets gebeur”. Die “enigiets” is Karien se wense en opdragte vir gebeurlikhede soos ongeskiktheid, gevreesde siekte, demensie en ook die dood.

In die lêer is al haar belangrike dokumente en inligting wat nodig sou wees “as enigiets gebeur”.

Die inhoud sluit in:

  • ’n Afskrif van Karien se lewende testament indien lewensondersteunende sorg nodig sou word (die oorspronklike is by haar dokter).
  • Voorkeur vir sorg aan die einde van haar lewe.
  • Voorkeur-begrafnisreëlings en haar begrafnispolis.
  • Haar amptelike testament wat op datum is en besonderhede oor haar wettige eksekuteur.
  • Titelaktes van eiendomme.
  • ’n Omvattende lys persoonlike en sake-inligting, insluitend kontakbesonderhede van mense wat van haar veranderde status in kennis gestel moet word.
  • ’n “Brief van wense” oor wat gedoen moet word met gunsteling of waardevolle besittings.
  • Toegang tot wagwoorde en PIN-nommers.

Deur hierdie lêer aan haar geliefdes bekend te maak en te verduidelik, het sy die deur oopgemaak vir gemaklike, positiewe en opbouende gesprekke.

Karien se lêer en die bedoeling daarvan is ’n liefdesgeskenk aan haar familie. Dit maak die reëlings en besluite soveel makliker wanneer hulle emosionele toestand een van hartseer en verlies is.

Indien jy bemoediging nodig het of nog inligting oor ‘n spesifieke onderwerp benodig, gaan kyk gerus na ons potgooie by iono.fm. Volg gerus hierdie maklike stappe om ‘n bemoedigende boodskap aan ‘n geliefde te stuur.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM