Kom ons dink na oor hoop

Written by on 14 June 2022

‘n Paar jaar gelede, het ek ‘n vriend sterkte toegewens deur te sê: “Ek hoop jou planne sal slaag”. Dit het ‘n groot opskudding veroorsaak omdat hy nie tevrede was met my wens vir sy toekoms nie. Hy het dit baie duidelik gemaak dat ek geloof moet hê en WEET dat hy SAL slaag.

Jare later het ek ontdek dat dit presies is waarna HOOP verwys. Hierdie feit word selfs in die algemene definisie van die woord “hoop” erken. Hoop beteken om met verwagting te begeer. Afwagting word gedefinieer as “‘n gevoel van opgewondenheid oor iets wat gaan gebeur” of “om voor te berei vir iets” (Mirriam-Webster Woordeboek).

Geloof en hoop gaan hand-aan-hand

Daar is ‘n direkte verband tussen hoop en GELOOF. Die Bybelse definisie van geloof is “die vaste versekering dat dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nie kan sien nie, waar sal maak.” (Heb 11:1, NLV). Jy moet dus HOOP hê om geloof te ontvang. Geloof vier iets wat seker is, wat deur hoop as toekoms gevisualiseer is. Dit beteken dat Hoop afwagting is en geloof BEWYSE is.

Voordat Jesus gebore is, het die mense van Israel uitgesien na sy geboorte. Hulle het die toekoms verwag en was opgewonde oor hierdie wonderlike gebeurtenis, terwyl hulle gewag het dat die profesieë vervul sou word. Toe gebeur dit: Hoop het duidelik geword. Jesus is gebore en het GELOOF geword – die bewys van dit waarop gehoop is.

Waarvoor hoop jy? Vir ‘n deurbraak in jou gesinslewe, ‘n nuwe werk, vir ‘n vriend om gered te word… Jy word toegelaat om te hoop en te droom, om te verwag dat jy jou begeerte sal ontvang in lyn met die wil en Woord van God. Jesus het geloof geword. Deur Hom word ons “hoop” duidelik, Hy is geloof in aksie.

Ek wil jou vra om na te dink oor dit waarvoor jy hoop, om dit na die EEN wat GELOOF geword het te neem en Hom te vertrou om jou hoop te vervul en dit duidelik te maak. Ek weet ek sal.

Geskryf deur Jean Lung.

Vir meer inspirasie lees Die Woord vir Vandag of luister na jou voorkeur Christen radiostasie potgooie op iono.fm.


Lees verder

Current track

Title

Artist

Background