Die Woord vir Vandag

2019-09-11

Onthou die geïgnoreerdes en vergetenes

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jesaja 1:17 NLV

Die samelewing in die tyd van die Nuwe Testament het nie welsynsisteme gehad nie. Daarom het die apostel Jakobus geskryf: 'Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg...' (Jakobus 1:27 NLV). Dit kan die tipe bediening wees waarna jy opsoek is! Die enigste kwalifikasie wat jy nodig het, is om te weet hoe dit voel om eenkant gestoot te word en die medelye het om iets daaraan te doen. Die volgende aangrypende brief, 'Die verhaal van weduweeskap,' is deur 'n dame wie se man oorlede is, geskryf: 'Eers gevoelloosheid, dan besig wees. 'n Miljoen dinge om te hanteer. Eindelose doodsertifikate en dinge om te teken. Vriende is so bedagsaam; ondersteuning van familie wat omgee. Jy bly besig. Maar in die nag pols die leë kant van die bed in smart. Uiteindelik maak jy jou oë toe, gooi sy tandeborsel in die asblik en raak van sy ou werkskoene wat jy in 'n plastieksak van die hospitaal af gebring het, ontslae. Jy maak die kas leeg en gee al sy dinge weg. Elke pak klere in sy kas herinner jou aan 'n spesiale plek of tyd wat julle saam gedeel het. 'n Jaar het verbygegaan; jy is nog in een stuk. Dan die terugslag! Jou vriende vier 'n verjaarsdag - almal paartjies. Jy word nie daarby ingesluit nie want jy is die 'vyfde wiel.' Sommige vroue mag jou selfs as 'n bedreiging sien. Onthou ons asseblief. Moenie ons soos ekstra bagasie behandel nie. Ons is 'n slegte hand uitgedeel en ons het vriende nodig. Vriendelike groete, Vergetene.' Dink aan die verskil wat jy vandag in iemand se lewe kan maak deur diegene wat die samelewing so dikwels ignoreer en vergeet, op te soek.

Sielskos: 2 Kor 1-4; Matt 25:1-13; Ps 78:56-64; Spr 20:25

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background