Die Woord vir Vandag

2022-10-02

Die behoefte aan verbintenis (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Johannes 3:14 NLV

Daar is 'n direkte skakel tussen jou gesondheid en jou verhoudings. Wanneer jy afgesonder van ander mense is, is die moontlikheid om te sterf twee tot vyf keer groter as mense met noue bande! Selfs mense met slegte gewoontes soos rook, oormatige kosinname en fisiese onaktiwiteit - maar wat steeds sosiaal ingeskakel bly - leef langer as mense met goeie gesonde gewoontes wat geïsoleerd is.

Ons sien die fisiese, lewensgewende krag van verbintenis in die lewe van Winston Churchill. Hy het 'n wonderlike huwelik en 'n diepe verbintenis met sy familie, sy vriende, sy land en sy werk gehad. Sy gewoontes in terme van sy gesondheid was egter iets verskrikliks. Sy dieet was aaklig en hy het konstant sigare gerook. Hy het te veel gedrink, op vreemde tye geslaap en het hoofsaaklik gesit - en tog het hy negentig jaar oud geword.

Dit herinner mens aan die joernalis wat 'n ou man oor sy lang lewe uitgevra het: 'Ek veronderstel jou lang lewe is te danke aan gereelde oefening?' Die ou man het geskerts: 'Die enigste oefening wat ek kry is as kisdraer by my vriende wat hulle oefeninge oordoen het, se begrafnisse!'

(Let wel: ons keur nie slegte gewoontes goed nie!). God het gesê: '...Dis nie goed dat die mens alleen is nie...' (Genesis 2:18 NLV), want wanneer jy alleen is, is jy meer geneig om aan versoeking en mismoedigheid toe te gee, selfgeabsorbeerd te raak en geld op selfsugtige wyses te spandeer. Nie net ly jy daaronder nie, maar ook die mense wat God in jou lewe geplaas het om sy liefde teenoor hulle te bewys. Jy sê: 'Mense het my al seergemaak.' God het egter goeie verhoudings vir jou in gedagte - praat dus vandag met Hom daaroor.

Sielskos: Eks 17:8-16; 2 Kor 1:3-7

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background