Die Woord vir Vandag

2019-10-03

Hoe om op skinderstories te reageer (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Nehemia 6:6 NLV

Die enigste manier om kritiek te vermy is om niks te sê, niks te doen en niks te wees nie. Wanneer jy enigiets van belang of waarde aanpak, gaan mense oor jou praat. Nehemia se vyande het probeer om hom te weerhou om die mure van Jerusalem te herbou, deur skinderstories en skimpe te gebruik: '...Gesem het my vertel dat die mense onder mekaar praat en sê dat jy en die Jode 'n opstand beplan... Volgens die gerugte het jy planne om koning te word. Hy vertel ook dat jy profete aangestel het om in Jerusalem oor jou te profeteer. Hulle sê glo: 'Daar is nou 'n koning in Juda!'...' (verse 6-7 NLV). Let op dat die bron van hierdie gerugte nie bekend gemaak is nie. Wees altyd voorbereid wanneer iemand na jou toe kom en iets soos: 'Ek het gehoor...' of 'Iemand het my vertel...' of 'Die woord op straat is...' sê. Moet nooit kritiek wat iemand namens iemand anders bring, iemand wie se naam hulle nie wil noem of wie dit nie self vir jou sal sê, aanvaar nie. Let op hoe Nehemia gereageer het: "Ek het toe die volgende antwoord vir hom gestuur: 'Jy weet jy praat nie die waarheid nie. Daar is nie 'n greintjie waarheid in jou storie nie. Dit is goed wat jy self uitgedink het'" (vers 8 NLV). Met ander woorde: 'Ek gee nie om wat jy dink, of sê, of waarvan jy hou nie. Ek gaan aanhou om hierdie muur te bou totdat die werk klaar is.' Dit moet ook jou houding wees. Die meeste van die tyd het jou vriende nie 'n verduideliking nodig nie en jou vyande sal jou in elk geval nie glo nie. Bly dus gefokus en maak die werk klaar.

Sielskos: 2 Sam 1:1-3:21; Joh 1:29-42; Ps 131; Spr 23:1-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background