Die Woord vir Vandag

2019-10-21

Geseën met 'n doel!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Genesis 15:14 NLV

Toe die kinders van Israel Egipte verlaat het, het God die rykdom van een nasie na die ander oorgedra. Hy het dit gedoen omdat sy mense geroepe was om sy doelwitte op die aarde te vervul. Na 400 jaar (tien generasies) wat bakstene gemaak het, brons gepoleer het en vloere gevee het, het God in wese gesê: 'Dis betaaldag! Al die dinge wat julle geskrop en gepoleer het gaan julle s'n wees.' Hoe groter die beproewing, hoe groter die oorvloed! Kom ons maak dit duidelik; die Bybel leer ons dat geld self nie vir God afstootlik is nie, maar die misbruik daarvan wel! 'n Pastoor sê: "Geld praat. Dit sê vir die grond: 'Ek kan jou besit.' Dit sê vir die geboue: 'Ek kan jou bou.' Dit sê vir die visie: 'Ek kan jou vervul.' Dit sê vir die sendeling: 'Ek kan jou ondersteun.' Dit sê vir armoede: 'Ek kan jou voed.' En dit sê vir geleentheid: 'Ek kan jou aanvaar.'" Hoekom het Farao die Israeliete agternagesit? Om Egipte se rykdom terug te kry. Stop en dink daaroor! Die duiwel gee nie om wie die geld kry nie, solank dit nie na God se mense gaan of gebruik word om God se doelwitte te vervul nie. Satan vrees die gedagte van 'n generasie voorspoedige gelowiges wat toegewyd daaraan is om die wêreld met die evangelie te bereik. Hy sal ons slawe van onkunde hou as hy kan. 'Ek is nie 'n slaaf nie,' sê jy egter. Wat van 'n slaaf van skuld, of hopeloosheid, of vrees, of ou gewoontes? God wil jou vry maak van enigiets wat jou daarvan weerhou om sy wil te vervul. Sodra jy dit besef, sal jy in alle erns begin bid en glo dat God die hulpbronne het om dit te doen!

Sielskos: Sef 1-3; Joh 6:1-24; Ps 85; Spr 24:11-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background