Die Woord vir Vandag

2023-10-01

S.T.R.E.S. (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Lukas 12:25 NLV

Koning Josafat het gehoor dat drie weermagte op pad was om hom aan te val. Praat van stres! Sy reaksie is die voorbeeld wat jy moet volg wanneer die lewe oorweldigend raak. Sy verhaal word in 2 Kronieke 20 weergegee. Deur die woord S.T.R.E.S te gebruik, leer ons die volgende lesse: S - Soek God se leiding. 'Josafat... het vir die Here raad gevra...' (vers 3 NLV).

Jare tevore toe sy pa, koning Asa, voor 'n soortgelyke bedreiging te staan gekom het, het hy al die silwer en goud in die tempel en sy paleis bymekaar gemaak om een van die konings wat hom aangeval het, om te koop om saam met hom te veg. Dit het die onmiddellike probleem opgelos - maar was nie sonder negatiewe gevolge nie. Alhoewel die invalspoging laat vaar is, het God kwaad geword omdat Asa sy vertroue op 'n ander koning geplaas het (sien 2 Kronieke 16:1-9). Hy het Asa as volg gestraf: '...Wat 'n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê' (2 Kronieke 16:9 NLV). Hy sou met die konstante stres van oorlogvoering vir die res van sy lewe leef, omdat hy nie eerste God se leiding gesoek het nie.

Sy seun, Josafat, het toe besluit dat hy nie dieselfde roete gaan volg nie. Wat van jou? Stres jy deur self 'n oplossing te probeer vind, in plaas daarvan om God te vra hoe Hy wil hê jy dit moet hanteer? Dink aan die laaste probleem waarvoor jy te staan gekom het. Het jy op ander mense se raad en jou eie idees staatgemaak, of was jou eerste stap om God se leiding te soek? God belowe die volgende: 'As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind' (Jeremia 29:13 NLV). Praat dus met God daaroor!

Sielskos: Gen 2:7-25; 1 Kor 15:39-55

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background