Die Woord vir Vandag

2023-10-02

S.T.R.E.S. (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Kronieke 20:17 NLV

T - VerTrou dit wat God vir jou sê. 'Dit sal nie nodig wees om te veg nie. Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here. Hy is met julle... Moenie bang of moedeloos wees nie. Gaan môre soontoe, want die Here is met julle!' (vers 17 NLV).

God se manier om ons probleme op te los druis teen ons logiese denke in. Miskien is dit hoekom ons huiwerig is om Hom in sekere situasies te nader. Waarom sou God Josafat se leër, wat duidelik geen bedreiging vir drie leërs was nie, opdrag gee om voorbereid vir 'n geveg, wat hulle nie veronderstel was om te veg nie, op te daag? Dit maak nie sin nie! God sal ons dikwels sê om onsself vir 'n veeleisende taak of probleem, wat ons heeltemal onbevoeg voel om te hanteer, te posisioneer. Ons uitdaging is om Hom te gehoorsaam en onsself te posisioneer om te wen. Hoe doen mens dit?

1) Jy 'posisioneer' jouself wanneer jy kies om universiteit toe te gaan, selfs al het jy nie op hoërskool presteer nie.

2) Jy 'posisioneer' jouself wanneer jy op God se aandrang jou werk bedank en 'n nuwe besigheid begin, alhoewel daar nie reeds 'n lang lys kliënte wag nie.

3) Jy 'posisioneer' jouself wanneer jy elke dag voor jou rekenaar gaan sit om die boek te skryf wat jy nog altyd wou - sonder 'n kop vol kennis maar met 'n hart vol geloof dat God jou daar met sy woorde sal vind.

God se instruksie is om onsself vir oorwinning te posisioneer. Hy wil hê dat ons moet opdaag, sodat Hy ons kan wys dat Hy namens ons sterk is (sien 2 Kronieke 16:9 NLV).

Sielskos: 1 Sam 1-3; Mark 15:33-47; Ps 68:1-18; Spr 22:1-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background