Die Woord vir Vandag

2023-10-03

S.T.R.E.S. (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jeremia 32:27 NLV

R - Reflekteer op oorwinnings uit die verlede. Let op hoe koning Josafat gebid het: 'Ons God, het U nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uitgedryf nie? Het U nie die land vir altyd aan die nageslag van u vriend Abraham gegee nie?' (2 Kronieke 20:7 NLV). As God al ooit vir jou of enigiemand anders 'n wonderwerk gegee het, kan Hy dit weer doen. Lees dus sy Woord en versterk jou geloof deur sy groot dade te onthou.

E - Eer God as groter as die probleem. '...Here, God van ons voorouers, is U nie die God wat in die hemel is nie? U is die heerser oor al die koninkryke op die aarde. U is kragtig en magtig. Niemand kan teen U staande bly nie' (vers 6 NLV). In sy angs het Josafat retoriese vrae gevra wat blootgelê het hoe groot sy God in vergelyking met die probleem was. Soms is dit moeilik om verby die probleem te kyk as die realiteit daarvan so naby is. As jy een oog toemaak en 'n muntstuk voor die ander oog hou, kan jy jouself vir iets so groot soos die son, blind maak.

Maak op die gebede en ondersteuning van ander staat. 'Josafat... het ook beveel dat elkeen in Juda moet vas. Die mense... het toe gekom om die Here se hulp te soek' (vers 3-4 NLV). Josafat het nie vir die mense vir hul opinies gevra nie, maar vir hulle gebede, omdat dit God se hart roer.

S - Staan op God se beloftes. Wanneer jy dit doen, kan jy soos die Psalmdigter sê: 'Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde' (Psalm 119:143 NLV). Dis God se formule vir stres - maak nou gebruik daarvan.

Sielskos: 1 Sam 4-7; Mark 16:1-8; Ps 68:19-35; Spr 22:6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background