Die Woord vir Vandag
2023-10-07
Leer om op 'n aangename manier te verskil
Geskryf deur Bob and Debby Gass
John Gray het die topverkoper Men Are from Mars, Women Are from Venus, geskryf. Sy onderliggende teorie was as volg: Om met iemand oor die weg te kom, moet jy probeer om die lewe vanuit hulle perspektief te sien. Paulus skryf: '...Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen 'n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. Die belangrikste wat julle moet aantrek is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees...' (verse 12-15 NLV).
Diegene wat wil hê dat ander mense presies soos hulle moet dink en optree, steek dikwels onsekerhede weg. Hulle het 'n diep gesetelde behoefte dat hulle sienings en aksies in die gedrag en gedagtes van ander mense bevestig moet word. Dis egter nie hoe die lewe werk nie. Meningsverskille gebeur in enige verhouding waar meer as een mens betrokke is. Ons is almal uniek en sal waarskynlik nie oor alles saamstem nie.
Die manier waarop ons egter ons meningsverskille benader kan bepaal of ons verhouding die wenstreep sal oorsteek. Om op 'n regverdige manier van mekaar te verskil en jouself vir die idees van ander en vir nuwe maniere om dinge te doen oop te stel, is hoe jy groei. Die belangrikste ding is om die ander persoon se idees te respekteer en 'n omgewing te skep waar julle twee vry kan voel om uiting aan julle gevoelens te gee; waar julle kan wees wie julle werklik is sonder om bang te wees dat jy geoordeel gaan word.
Sielskos: 1 Sam 16-17; Joh 1:29-42; Ps 92; Spr 22:24-25
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






