Die Woord vir Vandag

2023-10-24

'n Verstommende belofte

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jeremia 33:3 NLV

Lees die volgende: 'Vra My, en Ek sal jou 'n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou 'n geheim, en jy weet niks daarvan nie.' Wie het dit gesê? Die God van die heelal! Wat dink jy is jou kanse om die president of die eerste minister op die telefoon in die hande te kry? Niks! Tog kan jy ongeag jou opvoeding, gesofistikeerdheid, etniese agtergrond of finansiële status met God praat en Hy sal jou antwoord. Hy beloof ook nie net om jou gebede te beantwoord nie, maar om jou ongelooflike dinge te vertel waarvan jy niks weet nie.

Soms sê ons: 'Dis die dinge wat ek nie weet nie wat my bang maak.' Besighede sluit en werkers word afgelê. Roetine mediese ondersoeke openbaar lewensbedreigende uitdagings. Terroriste bedreig ons veiligheid en politici verraai ons vertroue in hulle. Die klein seuntjie het gebid: 'Here, seën asseblief vir Mamma, Pappa, bababoetie en vir my. Here, kyk ook asseblief mooi na Uself, want as iets met U gebeur, is ons almal in die moeilikheid!'

Jy sê: 'Maar ek is nie seker of God al ooit met my gepraat het nie.' Jy moet egter met Hom praat en toelaat dat Hy deur sy Woord en sy inwonende Gees met jou praat. Soms wag God voor Hy jou antwoord omdat Hy op twee plekke gelyk werk. Hy werk aan die probleem waaroor jy gebid het en Hy werk om jou daarvoor gereed te kry. Soms neem die tweede gedeelte langer as die eerste. Soos die bekende gesang lui: 'O what peace we often forfeit, O what needless pain we bear, All because we do not carry everything to God in prayer!'

Sielskos: 2 Sam 22:31-24:25; Joh 6:1-15; Ps 126; Spr 24:10

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background