Die Woord vir Vandag

2023-10-25

Jy kan jou vrese oorkom

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jesaja 41:10 NLV

Die eerste vrou wat 'n Nobelprys gewen het, was die Franse fisikus madame Marie Curie. Sy het gesê: 'Niks in die lewe moet gevrees word nie, maar slegs verstaan word.' Dus:

1) Kry die feite oor dit wat jy vrees om sodoende die geheimsinnigheid en verkeerde informasie daaroor, uit die weg te ruim. In plaas daarvan om op jou fobie te fokus, fokus op God se beloftes: 'Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek hou jou vas met my reddende regterhand' (vers 10 NLV). Soos jou geloof in God sterker word, sal die bedreiging van jou vrese swakker word.

3) Ontspan. Verbeel jouself dat jy vredevol en vry van die kettings van vrees is. Stel jou die positiewe uitwerking op jou lewe voor wanneer jy daarvan verlos word.

4) Konfronteer elkeen van die vreesaanjaende omstandighede een vir een. Elke enkele hekkie wat jy oorwin, versterk jou.

Verbind jouself dus om die vrese wat verwoesting oor jou gemoedsrus saai, te oorkom. Jesus het gesê: 'Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie' (Johannes 14:27 NVL). Moenie toelaat dat vrees jou regeer nie! Word pro-aktief en bewapen jouself met God se beloftes. Hardloop jou vrese trompop soos Dawid na Goliat gehardloop het, met die wete dat jy in die Naam van die Here oorwinning sal behaal.

Sielskos: 2 Pet 1-3; Joh 6:16-24; Ps 85; Spr 24:11-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background