Die Woord vir Vandag

2023-10-27

Jesus kom weer!

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Openbaring 22:20 NLV

Die laaste groot profesie oor Jesus se wederkoms is in 1948 vervul toe die nasie van Israel weergebore is (sien Amos 9:14). Sedertdien tik die horlosie van Bybelse profesieë en die aftelling het begin. Sinici en kritici sê soms: 'Christene sê al vir honderde jare dat Jesus gaan terugkeer, maar dit gebeur nie.' Dis bykomende bewyse van Jesus se terugkeer. '...dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak... 'Jesus het belowe dat Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was'...

Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom. Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos 'n dief. Dan sal die hemele met 'n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby Hom lewe! Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom... ons sien uit na die nuwe hemele en 'n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe' (2 Petrus 3:3-4, 8-13 NLV).

Jesus kom weer - maak seker dat jy gereed is daarvoor.

Sielskos: Hab 1-3; Joh 6:35-51; Ps 127; Spr 24:19-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background