Die Woord vir Vandag
2023-11-02
Staan in geloof
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Een dag het 'n radelose pa by Jesus gekom en gesê: '...Here, kry my seun jammer! Hy kry epileptiese aanvalle en hy ly verskriklik. Baie maal val hy in die vuur of in die water. Ek het hom na u dissipels toe gebring, maar hulle kon hom nie gesond maak nie' (Matteus 17:15-16 NLV). Let op dat hy nie een keer gesê het: 'Miskien het my seun hierdie probleem by my geërf,' of 'Miskien moes ek dinge anders gedoen het,' nie. Nee, hy het die verantwoordelikheid vierkantig op die dissipels, wat self nog in opleiding was, geplaas.
Wanneer ons moeilikheid ervaar, hou ons daarvan om die pastoor, die kerk, ons vriend, ons baas, ons familie, ons voorkoms of ons sosiale status te blameer of 'n ander verskoning te kry. Ons is nie in staat nie of onwillig om te erken dat ons ons eie hand in die vuur gedruk het of amper verdrink het deur kop eerste in te duik wanneer ons nie kan swem nie.
Nadat Jesus die seun gesondgemaak het, het sy dissipels Hom gevra: 'Hoekom kan ons nie dieselfde dinge doen wat U doen nie?' (sien Matteus 17:19). Dis soos om te vra: 'Hoekom werk my huwelik nie,' of 'Hoekom het ek nog steeds skuld,' of 'Hoekom verloop my lewe nie soos beplan nie?' Jesus het geantwoord: 'Julle geloof was nie sterk genoeg nie...' (Matteus 17:20 NLV).
Soms het jy die soort geloof nodig wat jou 'n bietjie vreemd laat lyk; die soort wat nie ander mense se goedkeuring nodig het of omgee of jy inpas of nie. Paulus het geskryf: '...Dan... sal julle nog vas staan' (Efesiërs 6:13 NLV). Vas staan op wat? Staan op dit wat God vir jou in sy Woord gesê het, want dit is uiteindelik dit wat sal werk.
Sielskos: Sef 1-3; Joh 7:1-13; Ps 104:24-35; Spr 24:28-29
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






