Die Woord vir Vandag

2023-11-03

Moenie meeding nie, moenie vergelyk nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Korintiërs 12:11 NLV

Die Skrif beskryf nooit die kerk as 'n demokrasie nie. Sekerlik verdien elke persoon gelyke behandeling in terme van vriendelikheid, liefde en respek; maar soos ons Godgegewe opdragte verskil, so verskil ons gawes. 'Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.'

As 'n ouer, wil jy graag sien dat jou kinders sukses in die lewe behaal. Jy herken egter dat net soos hulle individuele talente verskil, so verskil hulle unieke lotsbestemmings. Dis hoekom dit 'n fout is om met iemand anders mee te ding of jouself met hulle te vergelyk. Die Bybel sê: 'God het ook hierdie waarheid verder bevestig... deurdat Hy sy Gees aan mense toebedeel soos Hy dit goedvind' (Hebreërs 2:4 NLV). Moenie God bevraagteken nie; Hy weet wat Hy doen en maak nooit foute nie.

Selfs tussen sy twaalf dissipels het Jesus 'n binnekring gehad. Hy het Petrus, Jakobus en Johannes na 'n hoë berg saamgeneem en die ander dorp toe gestuur om te gaan werk. Hy het nie verplig gevoel om almal teen die berg op te neem sodat niemand seergemaak sou voel nie. Beteken dit dat Hy liewer vir een persoon as 'n ander was? Nee, die ervaring wat Petrus, Jakobus en Johannes daardie dag op die bergtop gehad het, was deel van hulle opleiding vir die opdrag waartoe Jesus hulle geroep het.

Daar is 'n les hieruit te leer. Jy moet verby ander mense se opinies beweeg. God het jou vir 'n spesiale doel gemaak; Hy het 'n werk vir jou wat niemand anders so goed soos jy kan doen nie. Wanneer jy weet dat iets reg is vir jou, doen dit en vertrou dat God jou in ander mense se oë sal regverdig.

Sielskos: Esra 1-2; Joh 7:14-24; Ps 9; Spr 24:30-34

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background