Die Woord vir Vandag
2019-11-11
Weerstandsoefeninge
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Het jy al ooit gekyk hoe iemand weerstandsoefeninge doen? Hulle word elke dag sterker soos hulle met meer en meer gewigte oefen. Satan is daarop uit om drie dinge te doen: '...om te steel, dood te maak en te vernietig...' (Johannes 10:10 NLV). Om wat te vernietig? Alles wat God vir jou in gedagte het! Hy sal jou gedagtes, jou gesondheid, jou huwelik, jou kinders, jou finansies en jou karakter met 'n hele arsenaal wapens aanval. As jy 'n geestelike swakkeling is, sal hy jou vermorsel! Satan bestudeer jou. Hy weet hoe om jou te laat tou opgooi en hy sal jou met elke kans wat hy kry in daardie rigting druk. Wat moet jy dus doen? Druk terug - en hou aan druk! Gebruik elke geestelike wapen wat God vir jou gegee het - gebed, lofprysing, sy Woord en broederskap. Dis tyd om die situasie op sy kop te keer en die Vyand as jou persoonlike gym te begin gebruik. Die Bybel sê: '...Die boodskap van God is soos 'n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer' (Efesiërs 6:17 DB). Wanneer jy met God se Gees vervul is, sal Hy in jou, deur jou en vir jou veg. Wanneer dit gebeur, bereik Satan die plek waar hy weet dat hy jou nie op 'n spesifieke front kan oorwin nie, so wat doen hy? Hy val jou op 'n ander front aan! Soos jy egter oorwinning op oorwinning behaal, ontwikkel jy die vrymoedighed en krag om hom ook op daardie front te verslaan. Met genoeg weerstandsoefeninge onder jou belt, sal jy die vreugde om in die waarheid van hierdie wonderlike belofte te wandel, ervaar: 'Die God van vrede sal die Satan binnekort onder julle voete verpletter...' (Romeine 16:20 NLV).
Sielskos: 1 Kro 26:20-29:30; Joh 10:11-21; Ps 133; Spr 26:7-12
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






