Die Woord vir Vandag
2019-11-12
Kom terug na God toe!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die Bybel vertel ons van die Verlore Seun: '...En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig deur liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.' Toe hy nog ver weg was, het sy pa na hom toe gehardloop. Hoekom? Omdat sy verhouding met sy seun nie op dade gebaseer was nie, maar op die feit dat hy hom lewe gegee het en hom in die familie ingebring het. Wanneer jy dink aan die dinge wat sy vader hom daardie dag gegee het, sal jy die betekenis van elke item besef. 1) Die mantel. Dit het sy identiteit as seun bevestig. God sien jou nie in jou swakheid nie; Hy sien jou geklee in die regverdigheid van Christus (sien 2 Korintiërs 5:18-19). 2) Die ring. Dit was 'n seëlring met die familieseël op wat hom die gesag gegee het om weer besigheid in sy vader se naam te doen. 3) Die sandale. Huisbediendes het nie skoene gedra nie, net die familie het. Hy het terug huis toe gekeer met die hoop dat hy ten minste 'n werk in die werkers se kwartiere kon kry. Sy vader het egter nie net sy identiteit en gesag herstel nie, hy het hom ten volle as familielid herstel. 4) Die feesmaal. In daardie tyd, wanneer jy teen jou vader se gesag gerebelleer het, het hulle 'n 'seremonie van skande' gehou, wat beteken het dat jy nooit kon terugkeer nie. Nie sy vader nie - hy het 'n partytjie gehou! Jesus het ons sonde op Homself geneem. 'God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word' (2 Korintiërs 5:21 NLV). Die woord vir jou vandag is - kom terug na God toe!
Sielskos: 2 Kro 1-4; Joh 10:22-42; Ps 83:1-8; Spr 26:13-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






