Die Woord vir Vandag

2026-01-06

Die groot ruiltransaksie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Petrus 3:18 NLV

Luister na dagstukkie

'n Verkoopsdame het elke dag op pad werk toe verby 'n spesifieke hoek geloop. Vir meer as 'n week het sy 'n dogtertjie dopgehou wat probeer het om 'n klein hondjie op daardie hoek te verkoop. Die verkoopsdame het uiteindelik vir die dogtertjie gesê: 'Liefie, as jy hierdie hond wil verkoop, stel ek voor jy bad hom, borsel sy pels en verhoog jou prys sodat mense dink hulle koop iets van waarde.' Teen twaalfuur het die verkoopsdame opgemerk dat die dogtertjie haar raad gevolg het. Die hondjie was versorg en het onder 'n groot plakkaat gesit wat lees: 'UITSTEKENDE Hondjie te Koop - R5,000.'

Die verkoopsdame het geglimlag en onderneem om die dogtertjie later te vertel dat die prys vir die hondjie dalk te duur was. Tot haar verbasing het sy op pad huis toe gesien dat die hondjie weg was! Verstom het die vrou die dogtertjie opgesoek om te vra of sy die hond regtig vir R5,000 verkoop het. Die dogtertjie het gesê: 'Ek het beslis en ek wil jou bedank vir al jou hulp.' Die verkoopsdame het verstom gevra: 'Hoe in die wêreld het jy dit reggekry?' Sy het geantwoord: 'Dit was maklik. Ek het net twee katte van R2,500 elk in ruil vir die hondjie geneem!' Tweeduisend jaar gelede het die grootste ruiltransaksie van alle tye plaasgevind.

Aan 'n kruis buite Jerusalem het Jesus Christus sy lewe in ruil vir ons s'n gegee: '...Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom...' Aan die kruis het God al jou sonde geneem en dit op Christus geplaas. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, neem God al sy geregtigheid en draai jou daarin toe. Dis die groot ruiltransaksie!

Sielskos: Lev 8-10; Luk 1:39-56; Ps 42:1-5; Spr 1:20-23

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background