Die Woord vir Vandag

2026-01-12

Die genesende bediening van Jesus

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Hebreërs 13:8 NLV

Luister na dagstukkie

Daar word dikwels na Jesus as 'Die Groot Geneesheer' verwys. Hy het groot dele van sy bediening hier op aarde bestee om siek mense gesond te maak. Lees die volgende vier Skrifgedeeltes:

1) 'Jesus het nou deur die hele Galilea rondgegaan en die Goeie Nuus van die koninkryk aangekondig deur die mense in hulle sinagoges te onderrig en elkeen onder die volk wat 'n siekte of kwaal gehad het, gesond te maak. Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was, na Hom toe gebring... en Hy het hulle gesond gemaak' (Matteus 4:23-24 NLV).

2) 'Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid... Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om... elkeen met 'n siekte of kwaal gesond te maak' (Matteus 9:36; 10:1 NLV).

3) 'Nadat hulle die see oorgesteek het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan. Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy jas. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword' (Matteus 14:34-36 NLV).

4) '...Daar was mense van oral oor Judea en Jerusalem en so ver noord as die kusgebied van Tirus en Sidon. Hulle het gekom om na Hom te luister en om genees te word... Almal het aan Hom probeer raak, want genesende krag het van Hom uitgegaan, en hulle almal is genees' (Lukas 6:17-19 NLV).

Omdat Jesus Christus altyd dieselfde bly - gister, vandag en vir altyd - kan jy God glo om jou en jou geliefdes te genees.

Sielskos: Lev 21:1-23:25; Luk 2:21-33; Ps 71:17-24; Spr 2:3-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background