Die Woord vir Vandag
2026-01-17
'n Gebed om konflik in die gesin op te los
Geskryf deur Bob and Debby Gass
'Here, u Woord sê: 'En as daar onderlinge stryd in 'n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!' Satan val my familie aan en ek wend my tot U vir hulp. U Woord sê: 'Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop' (Jesaja 59:19 AFR83). Raak die harte en gedagtes van elke lid van hierdie familie aan en bring hulle nader aan U.
U het gesê: "Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: 'Julle is mý kinders'" (Matteus 5:9 NLV). Ek verbind myself daartoe om 'n vredemaker in hierdie situasie te wees en vra U vir die wysheid om te weet wat om te sê en te doen. Bevry my familie van selfsug, trots en bitterheid. Gee ons die soort liefde wat alle sondes en swakhede bedek (sien Spreuke 10:12).
Help ons om te weet wanneer 'n meningsverskil op die punt staan om 'n sluis oop te maak en gee ons die genade om die saak te laat vaar voordat die rusie buite beheer raak (sien Spreuke 17:14). U Woord sê dat om 'n geveg te vermy eerbaar is en dat net dwase rusie soek (sien Spreuke 20:3). Here, maak 'n einde aan die twis wat verwoesting in ons familie saai. Ek neem gesag oor elke twisgierige gees.
Ek vra U om my familie te help om dinge wat vrede bring en die dinge wat ons kan gebruik om mekaar op te bou en te versterk, na te streef (sien Romeine 14:19). U Woord sê dat daar niks te moeilik is vir U nie (sien Jeremia 32:17). Dus bid en glo ek vir genesing en herstel in my familie. In Jesus se Naam. Amen.'
Sielskos: Dan 3-4; Luk 3:21-38; Ps 84; Spr 2:16-19
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za




